Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 03:58:05am
Date: 2017-10-24


Een dock toe ná H’Park-skietery

12 Oct 2017, 10:30 pm

11 dae gelede
Een dock toe ná H’Park-skietery
Deur  Basil Afrika Donderdag, Oktober 12, 2017 20:30
SLAGGEREED: Honderde cops het Saterdagmiddag op Hanover Park toegesak nadat drie lede daar gewond is.Foto: LEON KNIPE  ~ 

DIE Mongrel-bendelid bekend as “Tand”, wat vir die skiet van drie cops gesoek is, sal moontlik vandag in die Athlone-landdroshof verskyn.

Die 28-jarige verdagte is Maandag laatmiddag by ’n huis in Vulcan Gardens in Woodlands gearresteer.

Hy het blykbaar uit Hanover Park gevlug ná die skietery waarin drie polisiebeamptes – twee mans en ’n vrou – Saterdagmiddag gewond is.

Die drie cops, almal verbonde aan die stabiliseringseenheid, wou ’n moordverdagte arresteer toe daar op hulle geskiet is.

Een van die cops is in die heup gewond en nog een is in sy agterstewe getref.

Die derde cop is in die maag gewond en moes ’n noodoperasie ondergaan om die koeël te verwyder.

Een van die gewonde cops is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Volgens die polisiewoordvoerder kapt. FC van Wyk het die cops inligting ontvang dat die verdagte hom in Mitchells Plain bevind.

’n Lid van die Hanover Park- ­polisiëringsforum wat verkies om anoniem te bly, sê: “Die cops het Saterdag kort ná die voorval die gebied afgebaken om na die verdagte te soek.

“Hy het egter gevlug. Die cops het hom in Mitchells Plain gekry.

“Daar is weer Dinsdagaand in Hanover Park geskiet, maar niemand is raak geskiet nie.

“Die gangsters respekteer nie die polisie of die gemeenskap nie.”

Die cops het ook Maandagaand omstreeks 20:00 ’n 23-jarige man in Hanover Park vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie gearresteer.

Van Wyk sê: “Die verdagte is met ’n 9 mm-pistool, magasyn, en skerp ammunisie by ’n huis in Lansport-weg, Hanover Park, gekry.

“Die reeksnommer van die vuurwapen was afgevyl en die ondersoek duur voort.”

Verskeie polisie-eenhede, metro cops en wetstoepassers is in Hanover Park ontplooi om die bendegeweld daar hok te slaan. Die cops soek ook na ’n tweede verdagte vir die voorval waarin hul drie lede gewond is.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »