Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 10:52:46pm
Date: 2017-12-14


Fratsongeluk met taxi eis een

7 Dec 2017, 6:30 pm

7 dae gelede
Fratsongeluk met taxi eis een
Deur  Tracy-Lynn RuitersDonderdag, Desember 07, 2017 16:30
Fratsongeluk: Die 61-jarige man se lyk lê half onder die taxi langs ’n paaltjie wat ook platgery is. Foto verskaf  ~ 
bly weg: Die drywer van die vên het glo nie terug werk toe gekom nie. Foto: Tracy-Lynn Ruiters
Fratsongeluk: Die 61-jarige man se lyk lê half onder die taxi langs ’n paaltjie wat ook platgery is. Foto verskaf

’N KLONG van 14 wat dié vakansie as guardjie gewerk het, is nou met ’n klag van slagbare manslag opgesaal.

Dit kom nadat ’n 61-jarige man dood is toe die seun hom Dinsdag by die Liberty Promenade Mall se taxi-staanplek in Mitchells Plain omgery het.

Volgens ’n ingeligte wou die klong van Delft die taxi aanskakel terwyl die drywer in die mall geloop het.

Die bron verduidelik: “Die klong het binne-in die vên geklim en die sleutels was nog in die starter.

“Hy het die taxi aangeskakel en dis tóé dat die hele drama begin.

“Die taxi was in rat en het vorentoe ge-jump.”

Son verneem die klong het toe ge-panic en in plaas van die briek het hy die petrol getrap.

Die bron voeg by: “Hy het teen nog ’n taxi gebots en ’n paal platgery voordat hy die man omgestamp het.

“Die man is op die toneel dood.

“Ná daai het die sekuriteit hom onmiddellik gevat na die Promenade se selle, waar hulle vir die polisie gewag het. Die kind was omtrent in ’n toestand.”

’n Taxi-drywer by die rank sê dit maak hom kwaad dat die drywer so onverantwoordelik was om die sleutels in die vên te los.

“Die vên het langs die kant van die pad gestaan, nie eens by die rank nie.

“Om die sleutels uit te haal is die eerste ding wat jy as ’n taxi-bestuurder moet doen ...”

Nog ’n drywer sê die drywer van die einste taxi het nie terug werk toe gekom nie.

“Ons het hom nie ná die voorval gesien nie. Dis regtig sad, veral omdat ons almal nou ’n swak naam gaan kry oor een ou se stupid besluit.”

Beseer

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder bevestig die voorval en sê die 14-jarige is as die drywer van die vên geïdentifiseer.

“ ’n Man (61) is omstreeks 13:05 deur ’n taxi omgery.

“Nog ’n voetganger, ’n vrou, is in die ongeluk beseer. ’n Seun (14) van Delft is vir ondervraging ingeneem aangesien hy as die bestuurder geïdentifiseer is.”

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »