Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 11:42:44pm
Date: 2018-04-22


Help vind tog ons kind

11 Jan 2018, 4:15 pm

3 maande gelede
Help vind tog ons kind
Deur  Astrid FebruarieDonderdag, Januarie 11, 2018 14:15
vermis: Patricia HendricksFOTO VERSKAF  ~ 

DIE ouers van ’n vermiste verstandelik gestremde vrou sê die bekom­mernis hou hulle snags uit die slaap.

Hul kind is nou al sewe dae net missing.

Die familie van Patricia Hendricks (20) van Voorbrug in Delft soek intussen strykdeur na haar.

Vanselfsprekend is hulle baie bekommerd oor haar veiligheid.

Patricia is laas in Eerste­rivier gesien by vriende van die familie waar sy ingeloer het. Van daar af het sy net verdwyn.

Haar pa, Patrick Hendricks, sê sy dogter het op Donderdag 4 Januarie hul huis in Wonker Close verlaat om winkel toe te gaan en nie teruggekom nie.

“Sy stap altyd winkel toe en kom altyd gou weer terug. Maar dié keer het sy net verdwyn. Ons weet nie waarheen sy kon gegaan het nie,” sê hy.

Patrick sê: “Ons is veral bekommerd omdat die kind se verstand soos dié van ’n agtjarige is. Sy het kleintyd TB-menin­gitis gekry.

“Dit maak dat sy vergeetagtig is en nie soos ’n normale 20-jarige vrou optree nie,” verduidelik hy.

“Ons worry vreeslik oor haar veiligheid.

“Sy is iemand wat rondstap, maar sy weet waarheen sy gaan en kom altyd weer huis toe.

“Sy ken ons huisadres en dié van ander familielede by wie sy gaan kuier. In hierdie stadium weet ons glad nie waar sy is nie en ons pleit by die publiek om ons te help.”

Wat nog erger is, is dat Patricia nou al sewe dae nie haar medikasie gebruik nie, voeg haar ma, Doreen Hendricks, by.

“Sy moet die medikasie gebruik vir haar siekte en om te verseker sy is stabiel,” verduidelik Doreen.

[embedded content]

Die Hendrickse is ingelig Patricia het wel op die Donderdagaand van haar verdwyning by haar peetma oorgeslaap.

“Ons het toe Vrydag ’n oproep gekry van iemand in Eersterivier wat ons ken. Dié het ons vertel sy is daar. Maar toe ons daar aankom, was sy klaar weg,” sê die besorgde pa.

Besoek

Die gesin sê hulle het nou al die hele Delft en Belhar plat gestap op soek na die vermiste Patricia.

“Ons was reeds by al die plekke wat sy gewoonlik besoek, maar niemand het haar gesien nie.

“Ons is nou besig om flyers uit te deel.

“Ons vra die publiek om ons te help om ons dogter veilig terug te kry,” pleit haar pa.

Op die dag dat Patricia verdwyn het, het sy ’n pienk top, blou jeans en swart sandale gedra.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n woordvoerder van die polisie, het bevestig Patricia Daphne Hendricks is as vermis aangemeld en vra enigiemand met inligting om AO Mickey Daniels by 079 097 0054 te bel.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »