Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 01:49:06pm
Date: 2017-11-20


Reƫnboogmense pleit vir begrip

23 Oct 2017, 7:15 pm

27 dae gelede
Reënboogmense pleit vir begrip
Deur  Maryke LowMaandag, Oktober 23, 2017 17:15
kleurvol: Katya Mendez (27) van Mount Croix meen almal het ’n plek onder die son.Foto: theo jeptha  ~ 
katya mendez.Foto: theo jeptha
kleurvol: Katya Mendez (27) van Mount Croix meen almal het ’n plek onder die son.Foto: theo jeptha
Kelley FelixFoto verskaf

PORT Elizabeth het glo nog ’n lang pad vorentoe as dit kom by opvoeding oor en begrip van mense uit die LGBTQI+-gemeenskap.

LGBTQI+ staan vir lesbiër, gay, bi-gender, transgender, queer en intersex. Die + beteken daar is meer as 30 ander identiteite wat mense kan aanneem.

Dit sluit onder meer drag queen, a-seksueel, pangender, gender-fluid en nog vele meer in.

Tog meen sekeres oningeligte mense moet internet-navorsing doen en meer leer oor dié verskillende identiteite, want daar is niks erger as om aannames te maak voor jy nie iemand gevra het nie.

Kelley Felix (30) is ’n straight vrou en sien haarself as ’n bondgenoot van die LGBTQI+ gemeenskap.

“Mense moet opgevoed word – die mense van PE moet nog daai skuif in hulle koppe maak. Ons is almal human en moet mekaar met respek hanteer. Aanvaarding moet plaasvind.”

Katya Mendez (27) van Mount Croix, wat ’n gender-fluid individu en ’n drag queen is, het met ’n bang uit die closet gekom en is een van die gelukkiges wie se familie dit aanvaar het.

Gender-fluid persone glo hulle is nie eksklusief manlik of vroulik, soos wat society dit klassifiseer, nie.

“Mense is bang vir verandering – hul moet daaraan gewoond raak. Ek sal graag aan iemand verduidelik waaroor dit als gaan, as jy dit vra in ’n nie-dreigende manier. Ons moet mekaar respekteer.”

Mendez meen dis belangrik om eers jouself te aanvaar voor jy ander vertel wie jy is.

Mendez voeg by daar is ook mense wat nog bevraagteken waar hul inpas en hulself nog moet vind.

Daar is niks fout daarmee nie, maar moenie iemand lable nie, educate liewer jouself.”

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »