Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 03:57:14am
Date: 2017-10-24


Zelda spyt oor niks met Madiba

8 Oct 2017, 1:00 pm

15 dae gelede
Zelda spyt oor niks met Madiba
Deur  Bohemia HoffmeesterSondag, Oktober 08, 2017 11:00
herinneringe: Zelda la Grange verduidelik aan die gehoor in Amsterdam watter tipe verhouding sy met oudpres. Nelson Mandela gehad het.Foto’s: BOHEMIA HOFFMEESTER  ~ 

HOEWEL oudpres. Nelson Mandela ’n baie hardkoppige man was, het sy persoon­like assistent 19 jaar lank vir hom gewerk.

Zelda la Grange ag dit ’n voorreg om so lank vir hom te gewerk het, al beteken dit sy het nooit getrou of kinders gehad nie.

Sy meen sy sou ondankbaar wees as sy spyt was oor haar besluit om haarself aan hom toe te wy.

La Grange het Sondag Zuid-Afrikahuis in Amsterdam, Nederland, besoek en haar boek, Goeiemôre, mnr. Mandela, bekend gestel.

Sy het die gehoor ’n bietjie meer vertel oor die Madiba wat almal as ’n “saint” beskou het.

Volgens La Grange was Mandela se lewe glad nie chaoties nie en was hy baie agtermekaar.

Sy het gesê hy het met dissipline grootgeword en het dit gehaat wanneer mense ongedissiplineerd was.

Volgens La Grange was Mandela selfs bereid om sy verhouding met Zimbabwe te verbreek nadat pres. Robert Mugabe in 1998 laat vir ’n vergadering opgedaag het.

Sy het gesê selfs nadat Mandela ná 27 jaar in die tronk vrygelaat is, was hy steeds nie ’n vry man nie.

Toe hy president word, kon hy steeds nie normale goed doen soos om winkel toe te gaan nie, het La Grange verduidelik. Dis hoekom hy sy eie daaglikse rituele gehad het.

La Grange het verduidelik: “Hy sou die weirdste goed doen.

“As jy sy skoene uitgetrek het, moes dit netjies langs hom neergesit word.

“Toe ek eenkeer die skoene langs hom neergooi, het hy gesê: ‘Zeldina, kom sit asseblief my skoene reg.’

“Hy sou self sy skootkombers van hoek tot kant opvou.

“Niemand kon dit vir hom doen nie. Selfs wanneer dit by sy koerante gekom het. Niemand moes daaraan raak nie.

“Hy sou dan sê iemand het daarmee gepeuter en hy sou daarop aandring om ander koerante te kry.

“Hy was desperaat om normaal te wees. Ons verstaan nie hoe dit is wanneer jou vryheid van jou weggeneem word nie.

Korrupsie

“Wanneer jy dit het, waardeer jy dit en dit is waarom hy hierdie goed self wou doen.”

La Grange het gesê Mandela het meestal op versoening gefokus en het bekommerd geraak toe hy sien korrupsie neem die ANC oor.

“Dinge in die party het nie meer gegaan soos wat hy gedink het dit sou gaan nie.

“Dit was vir hom kommerwekkend. Hy het ook nie daai kant van (pres. Jacob) Zuma se karakter geken nie. Dis soos hulle sê: To test a man’s character, give him power.”

Sy meen sy en Madiba kon meer gedoen het vir ekonomiese welstand. Soos om meer skole en klinieke te bou en op dié manier meer werksgeleenthede te skep.

Maar La Grange het gesê sy is spyt oor niks nie en glo sy sal Madiba eendag weer sien.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »