Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 09:25:25am
Date: 2018-08-19


Brangelina baklei weer

10 Aug 2018, 8:30 pm

8 dae gelede
Brangelina baklei weer
Deur  Leon BonthuysVrydag, Augustus 10, 2018 18:30
skeisaak: Angelina Jolie en Brad Pitt veg voort.Foto: WENN  ~ 

VIR ’n ruk lank was daar vrede, maar nou is Brad Pitt en Angelina Jolie se skeisaak weer ’n oorlogsone.

Die sexy aktrise het Dinsdag dokumente by die hof ingegee om te sê Pitt betaal “nie voldoende papgeld” vir die ses kinders nie.

Die akteursegpaar het twee jaar gelede gesplit.

Pitt se pelle het aan Page Six vertel die ster betaal honderde duisende dollars per maand.

Hulle meen Jolie wil hom slegmaak en sê hy is ’n “niksnut” van ’n pa.

Bronne sê hy het al miljoene betaal vir sielkundiges, reiskoste en bodyguards.

“Die hofsaak word voor ’n private regter gehou om dit uit die media te hou.

“Maar sy het Dinsdag na die hooggeregshof in Los Angeles gegaan met die wete dat dit openbaar gemaak sal word.

“Brad sal dan as ’n niksnut-pa voorgehou word en hy is nie een nie,” het ’n bron gesê.

Mense reken ook sy het die papierwerk vroeg ingedien omdat hy gesê het hy wil die skeiproses van vooraf begin.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »