Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 05:40:21am
Date: 2018-11-18


Gatvol Siv gegunpoint in rooftog

12 Jul 2018, 9:30 am

4 maande gelede
Gatvol Siv gegunpoint in rooftog
Deur  Kelly-Lee OhlsonDonderdag, Julie 12, 2018 07:30
Siv Ngesi sê hy is gatvol van al die misdaad in Suid-Afrika.Foto: GQ.CO.ZA  ~ 

IEMAND moet iets doen aan die hoë misdaadsyfer hier in Mzansi.

Die plaaslike komediant en TV-persoonlikheid Siv Ngesi is dié week at gunpoint in Johannesburg se middestad beroof.

Hy het op sy Instagram Stories vertel booswigte het twee van sy vriende se fone gevat en die bestuurder met ’n vuurwapen oor sy kop geslaan.

Die grapjas het getwiet: “ ’n Vuurwapen is teen my kop gehou, maar ek het vasgeklou aan my foon. Ja, ek weet dit was nie die slimste ding om te doen nie.”

Hy het ook met The Juice oor die voorval gepraat. “Hierdie is regtig ’n baie duur foon en ek het so baie contacts hierop. En vir een of ander onverklaarbare rede het ek selfversekerd gevoel.

“Ek raai niemand aan om te doen wat ek gedoen het nie, asseblief. Gee tog net jou foon.”

Hy het ook laat hoor hy is nou mooi gatvol vir al die crime in ons land.

“Ek is siek en sat van die misdadigers wat ons lewe hel maak. Dit is tyd dat Suid-Afrika iets aan al die misdaad doen.

“Jy kan nie sommer net so helder oordag beroof word nie.”

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »