Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 06:13:48am
Date: 2018-11-18


Antie Pat vat DA se lede vas

9 Nov 2018, 9:30 am

8 dae gelede
Antie Pat vat DA se lede vas
Deur  Anele MfazweVrydag, November 09, 2018 07:30
ernstig: Patricia de Lille, oudburgemeester van die Moederstad, spreek gister die media buite die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie toe.Foto: Astrid Februarie  ~ 

ANTIE Pat is steeds op die oorlogspad teen DA-lede wat, soos sy sê, haar naam beswadder.

Patricia de Lille, die vorige Kaapse burgemeester, het na verneem word gister klagte van bedrog teen die betrokke lede ingedien.

Die klagte hou verband met ’n fake verslag van die ouditeur-generaal (OG) wat hulle in die sosiale media versprei het.

Luidens daai post het Kimi Makwetu, die OG, verskeie oortredings deur De Lille onthul terwyl sy nog mayor was.

Dié post is in April op Facebook versprei.

Sy het die saak by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie aangemeld.

Minagting

Toe het sy die media buite die cop shop toegespreek.

“Ek tree op weens die ernstige aard van die bedrog, sowel as die minagting wat teenoor die kantoor van die ouditeur-generaal betoon is,” het sy gesê.

Volgens De Lille het haar klag by James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, op dowe ore geval.

“Dié klag was in lyn met die DA-grondwet en sy beleid oor sosiale media.

“Ten spyte van die ernstige aard daarvan het die DA geen stappe gedoen nie.”

Volgens haar was dit ook nie die eerste keer vanjaar dat DA-lede onsmaaklike uit­latings in die openbaar gemaak het nie.

Sy sê: “Ek doen ’n beroep op die SAPD om die bewyse te evalueer wat ek ingehandig het.

“Ek vra dat hulle­ dit deeglik ondersoek en die nodige aksie ten opsigte van die bedrogklagte uitvoer.”

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het nie De Lille se naam in sy reaksie genoem nie.

Traut het gesê daar is nog nie ’n saak aangemeld nie.

Hy bevestig wel “ ’n individu” het die polisie gisteroggend genader om ’n saak van beweerde bedrog te bespreek.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »