Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 06:26:33am
Date: 2018-11-18


Cops slat outjie so, sĂȘ die ma

13 Feb 2018, 5:30 pm

9 maande gelede
Cops slat outjie so, sê die ma
Deur  Keith MeyerDinsdag, Februarie 13, 2018 15:30
eina: Gillmore Williams wys hoe hy op sy rug geslaan is.Foto verskaf  ~ 

LAINGSBURG. – Gillmore Williams (21) se rug lyk soos ’n lyn­grafiek.

Anita van der Berg, Williams se ma, beweer dis die cops wat haar seun se rug so opgeneuk het. Williams (21) is glo aangekeer vir “troksny”.

Baie trok-drivers slaap in Laingsburg oor. Dis dan ook waar trokke “gesny” word (van die vrag gesteel word).

’n Ontstoke Van der Berg het vertel: “Toe ek by die selle kom, het ek amper flou geword toe ek my seun sien. Sy rug was vol snymerke en houe soos die polisie hom aangerand het.

“Maar toe weier die polisie dat hy by die dokter uitkom. Ek moes toe self ’n plan maak en hom vir behandeling by die hospitaal kry.”

Weier

Barend Skermand, ’n gemeenskapswerker en paralegal in die dorp, sê: “Waarom slaan die polisie hom met staaldraad en ’n piksteel? Dit was onnodig om geweld te gebruik toe hulle die jong man aankeer.

“Waarom weier hulle om die vrou ’n J88 (die vorm wat die dokter moet invul) te gee? Dan het hulle mos iets om weg te steek?”

Van der Berg is ook omgekrap omdat die cop wat Gilmore na bewering aangerand het, tjommies is met die ondersoek­beampte: “Wat dink jy: Sal daar eerlikheid betrokke wees? Sal geregtigheid geskied?”

Son het twee navrae gestuur aan die polisie in Laingsburg en die provinsiale hoofkantoor in Kaapstad, maar ná drie dae steeds geen antwoord gekry nie.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »