Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 05:11:26pm
Date: 2018-06-20


‘Ons soek voetbrug, tjop-tjop’

14 Mar 2018, 4:00 pm

3 maande gelede
‘Ons soek voetbrug, tjop-tjop’
Deur  Ian BaardWoensdag, Maart 14, 2018 14:00
pasiënt: ’n Kar het Jess­lynn Solomons Vrydag op die N2-snelweg getref.Foto: FACEBOOK  ~ 

DIE gemeenskappe van die Laerskool Danie Ackerman en Hoërskool Gordon in Somerset-Wes sien rooi.

Dis nadat ’n kar ’n kind Vrydagoggend op die N2-snelweg naby dié skole in Somerset-Wes raak gery het.

Jesslynn Solomons (13), ’n gr. 7-leerder van Danie Ackerman, het skool toe gestap toe die kar haar gestamp het.

Jesslynn is nie ernstig beseer nie. Sy is gelukkig, want voetgangers is al ernstig beseer en doodgery op dié stuk pad.

Beheer

Verkeer is tot stilstand gedwing toe die woedende inwoners van Garden Vil­lage die naweek tyres op die snelweg aan die brand gesteek het.

Die polisie en brandweer het die situasie egter gou in bedwang gebring.

Die inwoners eis dat die departement van onderwys (WKOD) toesien dat ’n voetbrug onverwyld oor die N2 aangelê word.

Die voorsitter van die gemeenskapsorganisasie Gardoncar, Jonathan Brown sê hulle gaan Vrydag, volgende Vrydag en 6 April betoog daarvoor.

Brown sê hoewel die WKOD ’n voetbrug in die 2018/’19 boekjaar belowe het, het hy nie gesê wánneer nie.

“Sien is glo,” sê Brown skepties.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »