12 Jul 2018, 11:30 am
NOG iemand is oorlede ná gister se vliegtuigongeluk in Wonderboom, Pretoria.
Een persoon het gister in die ongeluk omgekom. Die vliegtuig het deur ’n fabriek geskuur nadat dit op die grond beland het.
Volgens die Burgerlike Lugvaartowerheid is een van die mense in die fabriek ook dood.
’n Woordvoerder van ER24, Russel Meiring, het gesê ongeveer 20 mense is beseer.
“Die beserings wissel van matig tot kritiek. Die ongeluk word ondersoek.” – News24