Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 08:54:31pm
Date: 2019-02-23


Kanniedoodstraat is toe dodelik

11 Oct 2018, 10:15 pm

4 maande gelede
Kanniedoodstraat is toe dodelik
Deur  Maryke LowDonderdag, Oktober 11, 2018 20:15
scene: Die 20-jarige man is in Kanniedoodstraat in Jacksonville oorlede na hy geskiet is.Foto: THEO JEPTHA  ~ 

DIE lyk van ’n man is gister omstreeks 02:25 in Kanniedoodstraat in Jacksonville gekry.

Kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n huiseienaar in Holly­straat, wat in Kanniedood­straat uitloop, het douvoordag wakker geskrik toe hy hoor iemand probeer by sy huis inbreek.

Toe die huiseienaar hoor hoe ’n geweer oorgehaal word, het hy sy eie vuurwapen gaan haal.

“Die man het geglo dat sy lewe in gevaar is en hy het ’n waarskuwingskoot af­gevuur,” verduidelik kapt. Rheeder.

“Hy het uitgegaan en nóg skote is afgevuur.”

Toe die man in Kanniedoodstraat gaan kyk wat aangaan, het hy gesien iemand lê daar.

’n Saak van moord is geopen en die polisie sê die identiteit van die slagoffer is onbekend.

Kapt. Rheeder sê toerusting wat vir huisbrake gebruik word, is buite die eienaar se huis gevind.

’n Saak van poging tot huisbraak is ook geopen.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Son het verneem die slagoffer was ’n lid van die Narries-bende.

Die huiseienaar het verkies om nie enige kommentaar te lewer nie.

Gewildste

Ek is jonger as 18 3%
Ek is tussen 18 en 24 7%
Ek is tussen 25 en 34 22%
Ek is tussen 35 en 44 28%
Ek is tussen 45 en 54 21%
Ek is tussen 55 en 64 14%
Ek is 65 of ouer 5%

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »