Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 09:24:11am
Date: 2018-08-19


Speaker hobbel wenpaal toe

13 Feb 2018, 9:15 am

6 maande gelede
Speaker hobbel wenpaal toe
Deur  Eugene GunningDinsdag, Februarie 13, 2018 07:15
nuwe besem: Melvin Naik (links), George se burgemeester, en Gerrit Pretorius gesels gister in die raadsaal.Foto: eugene gunning  ~ 

GERRIT Pretorius, die voormalige privaat sekretaris van Pik Botha, is die George-munisipaliteit se nuwe speaker.

Pretorius, wat tot Vrydag onderburgemeester was, is gisteroggend op ’n spesiale raadsvergadering verkies.

Dit volg ná die bedanking van die vorige speaker, Iona Kritzinger.

Maar sommer met die intrapslag was daar al probleme.

Langa Langa van die ANC het beswaar gemaak omdat Pretorius,, ’n DA-lid, kort ná sy verkiesing net die mense bedank het wat vir hom gestem het.

Pretorius het 30 stemme gekry en Nomawethu Jantjies van die ANC 19.

Pretorius het vinnig teruggekap en gesê as Langa die moeite gedoen het om na sy hele toespraak te luister, sou hy hom hoor sê het die Grondwet is vir ál die mense van die land.

Charlotte Clarke is tot nuwe onderburgemeester verkies en Marlene Barnardt is die nuwe hoofsweep.

ANC-raads­lede met T-hemde met Cyril Ramaphosa se gesig daarop het ook liedjies ter ere van hom gesing.

Pretorius was in die ver­lede onder meer werksaam by die eertydse departement van buitelandse sake.

Dit is daar dat hy van 1987 tot 1989 Botha, die apartheidsera-minister van buitelandse sake, se privaat sekretaris was.

Hy het ná die munisipale verkiesing in 2016 onderburgemeester van George geword.

Pretorius het verlede week ’n knievervangingsoperasie ondergaan.

Hy het met krukke by die vergadering opgedaag en duidelik nog gesukkel om te loop.

Pretorius het gesê as benoemde kandidaat moes hy self teenwoordig wees.

Kort nadat hy verkies is, het hy die raad gevra of hy verskoon kan word.

“Ek is veronderstel om nog in die bed te wees,” het hy verduidelik.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »