Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 03:34:21pm
Date: 2018-10-23


Heyneke gaps Pirates-afrigter

16 May 2018, 2:42 pm

5 maande gelede
Heyneke gaps Pirates-afrigter
Deur  sportredaksieWoensdag, Mei 16, 2018 12:42
Andre Volsteedt  ~ Getty Images

Die voormalige Springbokafrigter Heyneke Meyer het by ‘n Suid-Afrikaanse sokkerspan kom inkopies doen om sy afrigtingspan by Stade Francais te versterk.

Orlando Pirates se kondisioneringsafrigter Andre Volsteedt sluit hom by Meyer aan, wat dié Franse klub vanaf volgende seisoen gaan afrig.

Volsteedt het voorheen saam met Meyer by die Bulls gewerk.

Ek wil graag die Orlando Pirates-familie, werkers en die voorsitter (Irvin Khoza) bedank vir die ondersteuning en aanmoediging wat ek oor die afgelope twee en ’n half seisoen hier gekry het,” het Volsteedt op Pirates se webtuiste gesê.

Die Pirates-klub het ook Volsteedt vir sy bydrae tot die klub bedank: “Na drie wonderlike jare verlaat Andre die Buccanneers se skip vir ’n nuwe hoofstuk in sy loopbaan in Frankryk.

“Die kub wil hom bedank en wens hom alle sukses in die toekoms toe.”   - Sportredaksie

Gewildste

Ek hou van SUIDOOSTER 36%
Ek hou van 7DE LAAN 26%
Ek hou van ISIDINGO 4%
Ek hou van GENERATIONS 3%
Ek hou van BINNELANDERS 15%
Ek kyk nie sepies nie 17%

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »