Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 11:33:41pm
Date: 2018-04-22


Opdraande stryd lĂȘ vir Lions voor

16 Apr 2018, 5:30 pm

6 dae gelede
Opdraande stryd lê vir Lions voor
Deur  Adnaan MohamedMaandag, April 16, 2018 15:30
INSPIREREND: Warren Whiteley sal na verwagting sy terugkeer maak vir die Lions se toer in Australasië. Foto: gallo Images  ~ 

’N GROOT uitdaging lê voor vir die Lions op hul toer in Australasië.

Die Lions kom Vrydag in hul eerste wedstryd van die toer teen die Waratahs in Sydney te staan.

Die daaropvolgende week pak hulle die Reds in Brisbane, voordat hulle die Hurricanes in Wellington aandurf.

Die span van Johannesburg het tot dusver 5 van sy 8 wedstryde gewen en is tans met 25 punte in die tweede plek op die puntelys.

Daarteenoor spog die Hurricanes met 27 punte ná 6 seges in 7 kragmetings.

Swys de Bruin, afrigter van die Lions, se span het die naweek ’n loslootjie gehad.

Die Waratahs is tans met 24 punte in die derde plek op die log.

Die span van Sydney het sewe wedstryde gespeel, een verloor en een gelykop gespeel.

Die ’Tahs het die naweek met die Reds afgereken met 37-16, terwyl die Lions in hul laaste wedstryd die Stormers met 52-31 afgeslag het.

Die Lions en die Waratahs handhaaf tans ’n uitstekende peil. Hulle gaan dus alles in die stryd werp om op die wenpad te bly.

Warren Whiteley, die Lion- en Springbok-kaptein, sal sy langverwagte terugkeer waarskynlik op die toer in Australasië maak.

Whiteley se inspirerende leierskap behoort die Gautengers ’n groot hupstoot te gee.

Dié toer gaan deurslaggewend wees vir die Lions se sukses.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »