Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 11:34:21pm
Date: 2018-04-22


Zakri red Ajax

16 Apr 2018, 8:30 pm

6 dae gelede
Zakri red Ajax
Deur  Seraj JonesMaandag, April 16, 2018 18:30
amper: Siyanda Zwane van Ajax Cape Town en Thabo Rakhale van Chippa United. Foto: Deon Ferreira  ~ 

Met 1-1 het die twee spanne in die Nelson Mandela­baai-­stadion die louere gedeel.

Die Chilli Boys wou graag hul heel eerste oorwinning oor die Kapenaars behaal en was vasbeslote om daarin te slaag – veral ná verlede week se oorwinning oor Kaizer Chiefs.

Chippa was goed op koers toe Mxolisi Macuphu hulle in die tweede helfte die voorsprong gegee het.

Thabo Rakhale het die grondslag gelê vir ’n hoekskop vir die doel.

Ongelukkig vir Chippa het sy verdediging weer in die doodsnikke van die kragmeting gaan slaap.

Ajax se doelskieter Yannick Zakri het in die 90ste minuut die gelykmaker aangeteken.

Albei spanne het hul tyd gevat om regtig aan die gang te kom.

Ajax het selfs ’n klein groepie ondersteuners gehad wat hulle aangemoedig het.

Vroeg in die kragmeting het Chippa ’n kans gehad om die voortou te neem, maar swak afronding het hom gekortwiek.

’n Sege oor die span van Muhsin Ertugral (breier) kon die tuisspan se relegasiesorge verlig het.

Chippa sal nou in hul volgende wedstryd moet probeer om hul plek in die liga te verseker.

Hulle kom op 24 April teen Bloemfontein Celtic te staan.

Die uitslag los Chippa, wat 34 ligapunte het, in die sewende plek.

Sou die tuisspan sy oorblywende drie wedstryde wen, kan hy dalk ’n plek in die top-agt-spanne verseker.

Gewildste

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »