Useful Articles

1 Second

News, Accident, Robberies & Incidents

Current Time: 04:35:48pm
Date: 2018-10-23


My triplets se pa sê nou hy’s g’n hulle derra nie

11 Oct 2018, 7:00 pm

11 dae gelede
My triplets se pa sê nou hy’s g’n hulle derra nie
Deur  Antie MonaDonderdag, Oktober 11, 2018 17:00
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my boyfriend het twee maande uitgegaan. Ons woon in ’n klein dorp.

Ek was baie gelukkig in my verhouding, maar daar is een ding wat ek nie kon verstaan nie: Hy het my bly vra wanneer ek gereed is vir seks.

Ek het hom bly sê ek kan nie, want as gevolg van my posisie in my kerk is ek onderworpe aan hoë verwagtinge.

Maar die een Saterdag het hy my uitgevat. Ons het toe lekker geëet en dinge.

Toe, die aand, het ons ’n lang walk langs die beach gevat en toe vra hy my weer.

Ek vra toe of hy ’n kondoom het, maar hy sê toe om ’n kondoom te gebruik is soos om lekkergoed te eet met die wrapping aan.

Ek wou nie nee sê nie, want hy het ’n klomp beloftes gemaak.

Later, toe vind ek uit ek verwag triplets van hom.

Toe ek hom bel, sê hy ek moet my kinders se pa gaan soek.

Ek het my ouers gesê ek gaan studeer, maar ek bly by ’n vriend in die Kaap.

Ek weet nie wat om te doen nie! Ontnugter

Ai, meisa, dat jy nou so vir dié jong se beloftes moes val.

En nou is hy weg, lekkergoedpapiertjies en al, en laat jou in die steek.

Dis ’n situasie waarin jy nie net na een kind moet omsien nie, maar drie kinders.

Jy sal jou ouers een of ander tyd daarvan móét vertel.

Ja, hulle gaan teleurgesteld wees, maar hulle sal jou nie soos daai jong verstoot nie. At least, hulle behoort nie.

Jy het jou ouers se bystand nodig tydens jou swangerskap en ná die bevalling.

En dan sal jy dié flop van ’n jong moet ry vir papgeld.

Hy kan hom nou maar kwaaikat hou, maar ’n vaderskapstoets sal sy doppie laat klap.

Gewildste

Ek hou van SUIDOOSTER 36%
Ek hou van 7DE LAAN 25%
Ek hou van ISIDINGO 4%
Ek hou van GENERATIONS 3%
Ek hou van BINNELANDERS 14%
Ek kyk nie sepies nie 18%

Share with friends

  • « Previous
  • |
  • Next »